NG gemeente Indwe

Die NG gemeente Indwe is 'n meer as honderd jaar oue gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Oos-Kaapse dorpie Indwe wat in 2012 slegs 69 belydende lidmate oorgehad het, maar nietemin sy werksaamhede voortgesit het danksy die ywer van die kerkraad. Buiten die hoofkerk op Indwe hou die gemeente ook die kerkgebou op die landelike nedersetting Ida in stand wat tot omstreeks 1970 die swaartepunt van die NG gemeente Du Plessis was.


Developed by StudentB